Usain Bolt

Usain Bolt
Bolt in 2016
Gebore
Usain St Leo Bolt

21 Augustus 1986 (1986-08-21)
Usain Bolt vier sy oorwinning in die 100 meter-wedloop tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing, waartydens hy die wêreldrekord verbeter het

Usain St. Leo Bolt (* 21 Augustus 1986, Sherwood Content, Jamaika) is 'n voormalige Jamaikaanse naelloper. Hy het verskeie wêreldrekords verbeter en is bekend vir sy puik prestasie as 'n naelloper, wat hom die bynaam van "Lightning Bolt" in die media besorg het. Hy het by elke wedloop met goue skoene deelgeneem.[2][3][4][5]

Hy het aan die Olimpiese Somerspele van 2004, 2008, 2012 en 2016 deelgeneem. Op 12 Augustus 2017 kondig hy sy uittrede uit atletiek aan. Bolt het ná die Wêreldkampioenskap in 2017 uitgetree, toe hy derde was in sy laaste solo-wedloop van 100 m, by die 200 m onttrek en in die 4 × 100 m-aflos-eindloop gestaak het.

Hy word wêreldwyd as die beste atleet van alle tye beskou.

  1. Lawrence, Hubert; Samuels, Garfield (20 Augustus 2007). "Focus on Jamaica – Usain Bolt". Focus on Athletes. International Association of Athletics Federations. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2019. Besoek op 1 Junie 2008.
  2. Ellington, Barbara (31 August 2008). He is a happy person, says Usain's mother. Jamaica Gleaner. Retrieved 5 August 2009.
  3. "Usain BOLT - Olympic Athletics | Jamaica". International Olympic Committee (in Engels). 27 November 2020. Besoek op 9 Februarie 2021.
  4. "Bolt by Numbers". World Athletics (in Engels). 5 Julie 2017. Besoek op 9 Februarie 2021.
  5. "Usain Bolt". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Maart 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne